Cyrilliese skrif

Cyrilliese skrif
’n Voorbeeld van Russiese lopende skrif.
’n Voorbeeld van Russiese lopende skrif.
Soort skryfstelsel   Alfabet (gemeng)
Tyd gebruik c. 940 - hede
Rigting Links na regs
Streek Gebruik in:
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Bosnië en Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Kasakstan Kasakstan
Vlag van Kirgisië Kirgisië
Flag of the Republic of Macedonia Noord-Masedonië
Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van Montenegro Montenegro
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Serwië Serwië
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
Dogterstelsels Oud-Permies
ISO 15924 Cyrl, 220
Cyrs (Ou Kerkslawies)
Unicode Cyrillic,
U+0400–U+04FF
U+0500–U+052F
U+2DE0–U+2DFF
U+A640–U+A69F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Cyrilliese skrif is ’n skryfstelsel wat omstreeks die 10de eeu geskep is. Dit is die basis van talle alfabette in Eurasië, onder meer ses Slawiese tale (Russies, Oekraïens, Belarussies, Serwies, Masedonies en Bulgaars) en ander tale van die voormalige Sowjetunie, asook in sommige Turks-, Mongools- en Iranneessprekende lande in Suidoos-Europa, Oos-Europa, die Kaukasus, Sentraal-Asië, Noord-Asië en Oos-Asië.

’n Voorbeeld van die Oudslawiese Cyrilliese skrif. ’n Uittreksel uit die manuskrip Bdinski Zbornik (1360).[1]

In die 9de eeu het die Bulgaarse tsaar Simeon I (die Grote) voortgebou op die kulturele en politieke koers van sy pa, Boris I. Hy het opdrag gegee vir die skep van ’n nuwe alfabet, die Ou Cyrilliese alfabet, wat die Glagolitiese alfabet sou vervang wat vroeër deur die broers Cyrillus en Methodius en hulle dissipels in die Bulgaarse Ryk geskep is. Die Cyrilliese skrif is in 893 amptelik in Bulgarye in gebruik geneem.[2][3][4]

Die nuwe skrif het die basis van die alfabette in verskeie tale geword, veral dié van Ortodoks-Slawiese oorsprong, en nie-Slawiese tale wat deur Russies beïnvloed is. Dit is eeue lank ook deur Katolieke en Moslemse Bosniërs gebruik.

In 2019 was dit die skrif van 250 miljoen mense se amptelike taal – die helfte daarvan in Rusland. Met die toetrede van Bulgarye tot die Europese Unie (EU) op 1 Januarie 2007 het Cyrillies die derde amptelike skrif van die EU geword naas die Latynse en Griekse alfabet.[5]

Die skrif het deur die eeue verskeie veranderings en moderniserings ondergaan. Al die Cyrilliese letters word nie vir alle tale gebruik nie; die alfabet word aangepas vir die klanke van elke taal wat dit gebruik. So is daar groot verskille tussen byvoorbeeld die Russiese en die Serwiese alfabet.

  1. "Bdinski Zbornik[manuscript]". lib.ugent.be. Besoek op 26 Augustus 2020.
  2. Dvornik, Francis (1956). The Slavs: Their Early History and Civilization. Boston: American Academy of Arts and Sciences. p. 179.
  3. Curta 2006, pp. 221–222.
  4. Hussey, J. M.; Louth, Andrew (2010). "The Orthodox Church in the Byzantine Empire". Oxford History of the Christian Church. Oxford University Press. p. 100. ISBN 978-0-19-161488-0.
  5. Orban, Leonard (24 Mei 2007). "Cyrillic, the third official alphabet of the EU, was created by a truly multilingual European" (PDF). Europese Unie. Besoek op 3 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search